Daar staan n man by die deur netjies in n pak en hy groet met n skalkse glimlag of is dit ondeund? Hy ken jou en elkeen by die naam,sy handelaars is almal saam.
Duidelik is hy gelukkig in sy element, sy rustigheid en kalmte ongekend.Hy praat en dadelik is sy aura die hele plek vol. Jy raak bewus van n rustige in beheer, wat n ware heer.
Sonder om te vra is almal liphangers van hom want wat uit sy mond kom slaan jou verstom.Sy kennis humor so skerp en sy nederigheid sal niemand verwerp.
Dit is n krisis die wêreld is deurmekaar die kyk uit sy oe so reguit soos n snaar.
Ons is bang sy Toyota dissipels en n storm woed. Soos JESUS gevra het waarom vrees julle ken julle my dan nie? Besef ons als gaan ok wees ons Dok is kalm in beheer ken julle hom dan nie?Die storm in die mark die ekonomie in die land in die wêreld begin hy aanspreek disekteer en jy besef hierdie man is in beheer.
Die nuus kom ons ontkennend diep geskok wat gaan van ons word sonder ons Dok?
Ons salueer ons Dok diep geskok ons hartseer groot maar ons weet hy is nou in hande met spykers deurboor,Suid Afrika en die wêreld het n groot man verloor
RIP
Braam