'n Groot gees het geval - my hart is seer.
Ek onthou ons vroegoggende saam op kantoor as jy kom bakhand staan vir 'n "koppie koffietjies" en dan net gesels oor alles en nog wat, sonder aansitterigheid - net twee mense wat "connect" en opvang.
Ek onthou as jy geraas het omdat ek negatief geraak het oor die wêreld en hoe jy altyd gesê het dat ons niks aan dit kan verander nie, net ons houding teenoor dit.
Ek onthou ons pizza in Pisa - jou grappies en kinderlike opgewondheid op foto's te neem terwyl jy die toring probeer "omstoot" (ek wens ek kan daardie foto's opspoor!)
Ek onthou die ou dikwielfiets vir die Cape Epic want "ek het mos nie spesiale behandeling nodig nie"... En hoe jy, sonder maande se oefening, daardie laaste dag se rit met 'n smile aangepak en voltooi het!
Ek onthou hoe lekker ons oor die Cheetahs kon gesels en die paar games wat ons saam gekyk het in Bloem. Ek onthou veral die aand van die borgskap aandag - jy was soos 'n klein seuntjie wat sy helde ontmoet toe jy die spelers ontmoet. Jy het hulle elkeen by die naam geken en met ware belangstelling hul loopbane gevolg.
Ek onthou jou en Santie se omgee in die tyd met Werrie se heengaan - hoe jou drukkie die oggend van sy gedenkdiens my laat voel het dat ek kan aangaan... En hoe bly jy was dat ons pannekoek by die begrafnis bedien het..:-)
Ek onthou jou plaasstories. Elk onthou jou Potch stories wat jy so graag gedeel het. Ek onthou hoe jy oor jou kinders kon gesels met soveel deernis en liefde. Ek onthou hoe saggies en mooi jy altyd met Santie omgegaan het - en hoe trots jy ook op haar prestasies was.
Dankie vir die impak op my lewe, vir die meer as 'n "grootbaas" wees. Vir die omgee, die leiding, die voorbeeld van harde work en "commitment"... die manier hoe jy my altyd geinspireer het om beter te wees... Dankie dat jy my altyd ge"back" het!
Dok, ek gaan jou mis.
It's how they remember you
Did you stand or did you fall?
Build a bridge or build a wall
Hide your love or give it all
What did you do?
Did you make 'em laugh or make 'em cry?
Did you quit or did you try?
Live your dreams or let 'em die
What did you choose?
When it all comes down
It ain't if, it's how they remember you...
- Rascal Flatts -