My ouma in haar gryse wysheid het altyd na iemand wat Maslow se heel boonste rang ge-cum het - verwys as ; "hy sit net so skuins onder Liewe Jesus"
As groentjie by TSA het ek vir die eerste keer gevoel wat sy bedoel toe ek Dok van Zyl in daai laaaannngg gang in Pinelands streekskantoor raakgeloop het. Sy belangstel was altyd opreg en na elke raakloop het hy net 'n grootter behoefte gekweek by my om beter-nederig wees. Om diensbaar te wees is opkyk altyd beter as afkyk, net soos nou wat ons opkyk en weet ons dierbare Dok het sy plek in geneem - net so skuins onder Liewe Jesus.