You will live in our hearts forever
Created by Gwen 3 years ago
Your legacy will live in our lives forever! A man of character, integrity, and compassion! A leader, a mentor... a friend. What a privilege to have worked with you as my Toyota client since 1993. You have been my client, but we also became close friends.
Dankie vir jou leiding, aanmoediging en kosbare vriendskap oor al die jare, Johan. Dankie vir al die kere wat jy my in die gange van Toyota raakgeloop het, en my vir ‘n vinnige koffie in jou kantoor genooi het en ons so lekker kon gesels het oor ons kinders, die land, oor die onderwys en oor besigheid. Jy het jouself nooit belangriker as ander geag nie – selfs die dag op Ellispark toe jy my stem tussen die skare erken het, jy omgekyk het om my te soek en toe opgestaan het om my te kom groet. En die 2019 RWB toe jy en Santie my voor jul sien loop in die stadion in Japan, en ek hoor hoe iemand my naam uitskree - net om te sien dis julle! Daai hartlike druk van jou en Santie, en ons SA-rugbyharte wat so warm geklop het, sal my altyd bybly. Dit was die laaste keer wat ek jou gesien het. Jou oproep verlede jaar om my te vra om te help met jul WOZA-matric-projek, was vir my ‘n eer. Ons liefde vir opvoeding en omgee vir ons land se kinders, was ons laaste taak saam…Die wêreld en ons is armer sonder jou, Johan!
My deepest condolences to Santie, Nadia, Karla, family and Toyota family. May God comfort you in this time of sorrow.
RIP Dr Johan van Zyl
Gwen Bezuidenhout